100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

IATS-oudisies eersdaags in die Laeveld

Written by on March 18, 2022

Die International Arts Talent Showcase (IATS) is op pad na Mbombela, waar oudisies vir voornemende modelle, akteurs, dansers en sangers op 28 Mei gehou word.
Elsubie Verlinden, voorsitter en uitvoerende hoof van die talentagentskap 33&Me wat IATS aanbied, het vanoggend vertel hoe hulle daardeur die afgelope 12 jaar $17,4 miljoen in internasionale beurse vir jong, opkomende kunstenaars bekom het, om nie te praat van die internasionale blootstelling nie.
Haar eie verhaal is een van inspirasie, en sy beywer haar daarom, om die deur te help oopmaak vir ander met talent in die uitvoerende kunste.
Luister weer hier.


×