100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuus

Page: 201

Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 ‘n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se byna 74%. Van hulle het 31,5% met universiteitsvrystelling geslaag. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die aankondiging gemaak by die Universiteit van Mpumalanga. Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top vyf munisipaliteite […]

In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga se slaagsyfer toon ‘n klein afname, nuwe boorwerk begin vandag in Makhonjwa-berge, Hoërskool Nelspruit bied interhoër 2022 aan en Danie Stassen sê Dakar-tydren was ‘n droom wat bewaarheid is. Luister die hooftrekke hier.

Die onderwysdepartement het ouers gevra om môre saam met hul kinders hul gr. 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik. ‘n Totaal van 62 264 voltydse kandidate in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê. Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83% in die provinsie, teenoor die 73% wat […]

Luke Smythe was Uplands College se toppresteerder met agt onderskeidings in sy nege vakke die afgelope matriekeksamen. Hy tel ook onder die top 1% van nasionale presteerders in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se 2021 uitslae in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering. Hy sê hy is gelukkig om in ‘n skool soos Uplands te kon wees, […]

Sterftes weens verkeersongelukke het tussen 1 Desember en 11 Januarie met 33% vermeerder in Mpumalanga teenoor dieselfde periode verlede jaar. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het gister aangekondig dat 189 mense dood is oor die afgelope feestyd – teenoor 142 in 2020/21. Daarvan was 61 in die Laeveld. Volgens Shongwe is die meeste van […]

Die klas van 2021 het ‘n gemiddelde 98,39% slaagsyfer behaal in die Onafhanklike Matrikulasieraad (IEB) se eksamen – effens hoër as verlede jaar se 98,06%. Ter plaatse het beide Uplands, Penryn en Curro Nelspruit 100% aangeteken. ‘n Totaal van 95% van Uplands College se matrikulante het universiteitsvrystelling, 94,4% van Penryn en 93,47% van Curro. Luke […]

‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag aangekeer by die hof, na hy sy borgvoorwaardes verbreek het. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en knaldemper. Nadat […]

Groot opgewondenheid heers dat rugby-aanhangers vanaand weer Mbombela-stadion mag betree, wanneer die Pumas hul Curriebeker-seisoen teen die Vodacom Bulls afskop by Mbombela-stadion. Afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul mikpunt is om vanjaar die halfeindrondte van die reeks te haal, iets wat hulle verlede siesoen met ‘n punt gemis het. Dit is net ‘n week voor die […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vermoorde polisiebevelvoerder ter ruste gelê, tiener uit hospitaal ontslaan na kapers haar in die been skiet, Uplands College verwelkom nuwe hoof, en die Curriebeker skop af by Mbombela-stadion. Luister die hooftrekke hier:

‘n Man was vanoggend amper die slagoffer van ‘n grypdief wat items van agter op sy bakkie probeer steel het. ‘n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die bakkie gewag om regs te draai op Madibarylaan by die Samora Machel-kruising in die rigting van Crossing-sentrum toe hy dit sien gebeur. Eers het een man, wat om […]