100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Skoolbus slaan om tussen Witrivier en Hazyview

Written by on May 27, 2022

‘n Bus met skoolkinders het vanoggend op die R40 tussen Witrivier en Hazyview gerol toe die bestuurder beheer verloor het.
Volgens ER24 is 127 pasiënte na hospitale in en om Mbombela vervoer.
Geen sterftes is aangemeld nie en niemand is ernstig beseer nie.
Die departement van gemeenskapsveiligheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Die toneel is intussen opgeruim en die pad weer oopgestel vir verkeer.


×