100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Liesl Nel se moordenaar gevonnis

Written by on May 25, 2022

Die man wat vier jaar gelede vir Liesl Nel (41) op ‘n kleinhoewe buite Nelspruit vermoor het, is gister tot lewenslange tronkstraf en 15 jaar gevonnis vir haar moord en roof met verswarende omstandighede.
Nicholas Magagula (38) het as tuinier gewerk op die eiendom op die Uitkyk-pad wat Nel vir die eienaars opgepas het, terwyl hulle met vakansie was. Sy is op 17 Februarie 2018 verwurg. Haar liggaam is buite die huis aangetref.
Magagula was in besit van haar gesteelde eiendom. Hy is kort na die moord in Pienaar aangekeer. Hy het onskuldig gepleit.
Hy is op 3 Mei in Nelspruit skuldig bevind. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het hy ‘n hofordonnans gedreig en so uit die hof ontsnap. Hy is binne dae weer aangekeer.
Die saak is verskeie kere daarna uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger siek was, voor hy Woensdag gevonnis is.


×