100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 aangekondig

Written by on August 11, 2021

Hoërskool Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 is gister aangekondig.
Die dux’e is Paul Harley en Rhodé Nel. Die adjunk dux’e is Wilmien van der Merwe, Berna Kok, Jomarié du Toit, Dina Grimbeek, Larise Combrink, Joshua Devine, Wynand Loubser, Hannes Feuth, Conrad Joubert en Wikus van Biljon.

Rhodé is ‘n kranige atleet en hokkiespeler en Hannes het ‘n groot passie vir krieket. Hy skryf sy leierseienskappe daaraan toe, omdat ‘n mens baie daarvan leer in sport.
“Ek wil graag ‘n verskil maak in ander se lewens deur te lei deur ‘n voorbeeld te stel,” sê hy.
Rhodé wil hê elke leerder aan die skool moet weet hoe spesiaal hulle is.

Sy voeg by dat die Nellie-‘guts’ die skool so spesiaal maak, buiten natuurlik elke mens daaraan verbonde.
“Elke leerder het ‘n plek by Hoërskool Nelspruit en almal voel welkom,” sê Hannes. “Dit is iets waarop ek baie trots is van ons skool.”
Die leiers van die koshuise is ook aangewys. Huis Maré se dux is Dina Grimbeek en haar adjunk is Suné du Preez. Die ander leiers is Kyla de Villiers, Amoré Lindeque, Kirsten Savanti, Chloé van der Merwe, Katrien Hiemstra en Monja Coetser.
Huis Hermann Davin se dux is Wynand Loubser en sy adjunk Wikus van Biljon. Leonard Bornmann, Christiaan Botha, Drikus Greeff, André Potgieter, Wian Stoltz en Handré van der Merwe is ook aangewys as leiers.


×