100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nasionale valskermsweef-kampioenskappe die naweek in Barberton

Written by on April 19, 2021

Die nasionale valskermsweef-kampioenskappe skop Sondag in Barberton af.
Anton Naudé, een van die organiseerders, verduidelik dat hierdie weeklange kompetisie elke tweede jaar in Barberton aangebied word.
Dit is nie in 2020 aangebied nie en is gewoonlik in die winter, maar is vanjaar is dit vroeër om die legendariese, nou ontslape, Andrew Smith te vereer. Hy was vir lank ‘n Springbok in die sport.
Valskermswewers van regoor die land kan tydens die kompetisie punte op die wêreldranglys verdien wat hulle in staat stel om vir die wêreldkampioenskappe te kwalifiseer. Dit vind in November in Argentinië plaas.
Toeskouers is natuurlik welkom. Naudé se raad is om dit by die gholfklub te gaan kyk.

Naudé verduidelik dat Barberton ideaal is vir valskermsweef. Dit gee ook Kapenaars en mense van Gauteng die geleentheid om die area te besoek.
Die tipiese roete is van Lone Tree Hill na Agnes-myn en terug, dan na Fairview-myn voor hulle by die gholfbaan eindig. Dit is baie naby aan 50 km.
Die deelnemers gebruik net die warm lugstrome. Hulle kry punte vir tyd en afstand – hoe nader iemand aan die eindstreep land, hoe meer punte verdien hy of sy.

“Om elke dag te wen is nie moontlik nie,” sê Naudé. “Elke dag is dit iemand anders wat gelukkig is, so moet eerder nie weddenskappe daarop plaas nie.”
Die valskermswewers word ook elektronies bespied met ‘n rekenaar wat deurentyd hul tyd en hoogte meet, wat ook enige moontlikheid vir verneuk uitskakel.
Naudé beveel aan dat toeskouers dit by die Barberton-gholfbaan gaan kyk. Hulle begin gewoonlik elke dag om 12:00 en eindig so tussen 15:00 en 15:30.


×