100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

MTPA stel jonges aan om tekort aan te spreek

Written by on May 7, 2021

Twee jong wetenskaplikes, drie natuurbewaarders en drie vlieëniers wat met beurse van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) studeer en opleiding ontvang het, is permanent aangestel.
Een van die studente, Eulalia Jordaan, sê hulle is dankbaar om ‘n werk te kan kry net nadat hulle afgestudeer het, én dat die ervaring van onskatbare waarde sal wees.

Jordaan het haar honeursgraad aan die Noordwes-Universiteit voltooi en sal nou, saam met nog ‘n nuwe BSc-gegradueerde, Nokuthula Dibakwane, by die agentskap se wetenskaplike navorsingseenheid in Lydenburg gestasioneer wees.


Dit sal hulle die geleentheid bied om eerstehandse ervaring op te doen terwyl hulle saam met ander wetenskaplikes in die MTPA werk.
Jordaan vertel dat grootword in die Laeveld ‘n liefde vir die natuur by haar gekweek het.
Die agentskap se uitvoerende hoof, Johannes Nobunga, sê die MTPA het tans ‘n tekort aan wetenskaplikes en vlieëniers.
“Ons is opgewonde om hierdie studente te absorbeer in ons wetenskaplike dienste en wildbestuur- eenhede. Ons is vol vertroue dat hul aanstellings kwessies van transformasie en geslagsgelykheid sal bevorder,” sê hy.


×