100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hospice se Reflections-veiling nou oop

Written by on May 9, 2021

Jy het nog net hierdie week om ‘n aanbod te maak om een van Nelspruit Hospice se Reflections-spieëls te koop.
Die fondsinsamelingsprojek is verlede jaar van stapel gestuur.

Mense kon ‘n spieël in ‘n houtraam koop, versier en terugbesorg. Dit word nou opgeveil.
Die vendusie vind aanlyn plaas tot 15 Mei. Daar is 32 spieëls om van te kies.
Gaan bekyk hulle by Nelspruit Hospice of besoek nelspruithospice.co.za/reflections om te registreer en deel te neem.

Jy sal via epos in kennis gestel word as jou aanbod die wenbod is. Dit open op R200 per spieël. Die fondse word aangewend vir Hospice se bedrywighede, en is broodnodig na fondsinsamelingsprojekte die afgelope jaar erg gekniehalter is weens die Covid-19-pandemie.
Landi Bezuidenhout het mense genooi om hulle te besoek om die spieëls in persoon te bekyk en sommer ook by hul winkel in te loer.
Elke spieël het ‘n spesiale boodskap, en besoekers kan ook hul boodskappe van hoop daar deel.


×