100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga nou ‘n rampgebied na storms

Written by on March 1, 2021

Die nasionale regering het die provinsiale regering se aansoek, dat Mpumalanga tot ‘n rampgebied verklaar word, goedgekeur.
Dit is na tropiese storm Eloise vanaf einde Januarie en swaar reën daarna groot skade aangerig het.
Volgens die woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, George Mthethwa, is die vraag vir geldelike hulp ook goedgekeur.
Hy sê die totale skade aan paaie, skole, hospitale, huise en ander infrastruktuur beloop naby R1 miljard.

Volgens Mthethwa moet plaaslike paaie en brûe deur die betrokke munisipaliteit herstel word.
Provinsiale paaie is die verantwoordelikheid van die Mpumalanga departement van openbare werke, paaie en vervoer. So ook is Embhuleni-hospitaal in Elukwatini en verskeie klinieke wat in die Nkomazi-area skade gely het, asook skole.
Die onderwysdepartement het bevestig dat 46 skole met die eerste skooldag op 15 Februarie ontoeganklik of beskadig was, ‘n getal wat hulle binne die eerste week tot vyf kon verminder.
“Ons kan nie sê iets is ‘n groter prioriteit as iets anders nie. Vir kinders om skool toe te gaan, kan jy nie net die skool herstel nie as die brug wat hulle moet gebruik hulle verhinder om by die skool uit te kom nie,” voeg Mthethwa by.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag hulle meestal bogemiddelde reënval met droeër as normale areas in dele van die noord-ooste en suid-weste tussen April en Julie.
Die jongste damvlakke lyk vandag so: Vygeboom 101,8%, Blyderivier 101,3%, Klipkoppjes 100,5%, Primkop 100,5%, Da Gama 100,4%, Witklip 100,4%, Driekoppies 100%, Longmere 98,6%, Kwena 90,9%, Inyaka 81,5% en Lomati 73,5%.



×