100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Diefstal van Macadamia-neute neem toe, begin vroeër

Written by on March 2, 2021

Die diefstal van Macadamia-neute in die Laeveld is vanjaar beduidend meer, aldus John Meintjies van ACS Sekuriteit.
Hy voeg by dat dit ook vroeër begin het, wat hy toeskryf daaraan dat van die neute vanjaar blykbaar vroeër ryp word.
“Daar is nogal ‘n groot toename in diefstal,” sê hy. “Verlede naweek het ons in Brondal op die R37, by Alkmaar, Hermansburg én Karino gelyktydig voorvalle gehad. Hulle is baie meer bedrywig.”
Hy spekuleer dat dit moontlik ook te wyte kan wees aan die swaar ekonomiese toestand wat mense meer desperaat maak.

Volgens Meintjies steel mense tans die oes direk van die bome af. “’n Paar manne kom in, pluk die neute, gooi dit in sakke en steek dit weg. Dan kom laai iemand dit op.”
Dit word aan markte in Johannesburg voorsien, asook plaaslik verkoop aan die informele mark.
“Baiemaal is dit van daar wettige transaksies: mense koop dit om dit weer te kan verkoop.”
Hy waarsku daarom daarteen om goedkoop neute langs die pad te koop, omdat dit die siklus aan die gang hou.
“Veral besoekers en toeriste koop dit. Betaal maar eerder ‘n paar Rand meer by ‘n betroubare winkel.”
Só weet jy die boer word in werklikheid vir sy oes vergoed.
Avokado’s word ook gesteel, maar die neute haal ‘n baie hoër prys.
Wat hulle verder sien is dat die meerderheid van boere dit baie ernstig opneem.
“Hulle spandeer groot geld aan sekuriteit en patrolleer self, maar waar ‘n paar ouens dink dit is nie so belangrik nie, veroorsaak hulle ‘n swak skakel.
“Die probleem is as die diewe eers een keer gesien het hulle kom êrens reg, kom hulle weer terug. As almal saam werk, is dit beter.”


×