100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga Hoër Hof beskerm die spesialishof op Skukuza se voortbestaan

Written by on April 23, 2020

Die voorbestaan van die Skukuza streekshof is op 22 April in ʼn hofuitspraak verseker. ʼn Volbank regters van die Mpumalanga Hoër Hof, het die streekshofpresident Naomi Engelbrecht se besluit om hierdie hof te sluit, nietig verklaar. Die onverwagse opdrag om die streekshof op Skukuza te sluit wat in September 2019 deur Engelbrecht deurgegee is, het alle rolspelers onkant gevang. Hierdie spesialishof is in April 2017 in Skukuza geopen en spesialiseer in renosterstropingsake en veral die verhoor van die sindikaatleiers.

Van die begin af het die hof uitstaande werk verrig. In Desember 2019 het die hof gespog met ʼn 99,8 % sukseskoers om stropers skuldig te bevind. Die opdrag van Engelbrecht het behels dat die hof onmiddellik moet sluit en dat alle stropingsake voortaan in die Mhala Magistraatshof in Acornhoek aangehoor sal word. Hierdie hof is 90 kilometer ver vanaf Skukuza en hierdie besluit het glad nie sin gemaak nie. Nadat verskeie rolspelers beswaar gemaak het teen hierdie besluit het die regterpresident van Mpumalanga, Regter Francis Legodi, dadelik ʼn ondersoek gelas.

In Desember 2019 het hy bevind dat Engelbrecht se besluit om die stropingsake elders te verhoor, nie wettig is nie. Ten spyte van hierdie beslissing het Engelbrecht voortgegaan om opdrag te gee dat teenstropingsake in Mhlala verhoor moet word. Die beslissing van die Mpumalanga Hoër Hof op 22 April het egter nou enige twyfel uit die weg geruim oor die toekoms van die streekshof in Skukuza. Hierdie is ʼn grensverskuiwende uitspraak na ʼn uitgerekte stryd deur ʼn wye spektrum van rolspelers.

Die voortbestaan van die Skukuza-hof is uiters belangrik om ʼn reeks omstrede renosterstropingsindikate se sake te verhoor. Die verklarende bevel deur regter Mlambo en regterpresident Legodi is bindend op die president van die streekhof, Naomi Engelbrecht.


×