100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela reik nuwe sakepermitte uit

Written by on April 24, 2020

Noodsaaklike ondernemings kan tot Vrydag aansoek doen om permitte by die Mbombela-munisipaliteit.
Ondernemings wat as noodsaaklik beskou word is onlangs weereens volgens die inperkingsregulasies gewysig.
Die jongste veranderinge verwys veral na ondernemings wat noodsaaklike dienste lewer aan die wat reeds as noodsaaklik geklassifiseer is.
Aansoeke om die tydelike permitte kan elke dag, tot en met Vrydag, van 09:00 tot 14:00 by die burgesentrum gedoen word.
Munisipale woordvoerder, Joseph Ngala, sê permitte sal Donderdag ook heruitgereik word vir informele handelaars in Brownstraat.
Sommiges het glo onder valse voorwendsels permitte bekom, met die gevolg dat daar te veel handelaars is.


×