100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela verwelkom watertenks

Written by on April 23, 2020

Die departement van water en sanitasie het 137 watertenks aan Ehlanzeni-distrik gelewer.
Sowat 32 is vir Mbombela-munisipaliteit geoormerk, 20 vir Nkomazi en 40 vir Thaba Chweu.

Mbombela se woordvoerder, Joseph Ngala, sê die owerheid sal help om dit te versprei waar moontlik. Dit is veral bedoel om mense in landelike gebiede, wat nie toegang tot water in pype het nie, te help.Volgens die departement is dit ‘n poging om mense in staat te stel om gereeld hul hande met seep en water te was om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan.

Daar is tans 23 bevestigde gevalle van die virus in Mpumalanga. Ngala het inwoners gemaan dat waterbeperkings steeds in effek is weens die droogte. Barberton is veral swaar daardeur getref. Die Lomatidam se watervlak is om en by 20%.


×