100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mediclinic waarsku derde vlaag Covid woed voort in Mpumalanga

Written by on August 10, 2021

Die derde vlaag Covid-19-infeksies hou vol om druk te plaas op Mediclinic Nelspruit se intensiewe- en hoësorg, sowel as noodgevalle eenhede.
Dr. Gerrit de Villiers van die groep sê hulle glo almal wat daarvoor kwalifiseer, behoort teen die virus ingeënt word, omdat dit die risiko om ernstig siek te word, of weens die virus te sterf, verlaag.
“Ons inligting oor die opname van ingeënte pasiënte in intensiewe- en hoësorg ondersteun tans dit wat ander ook gesê het, dat die virus lyk asof dit minder ernstig is in diegene wat die inenting ontvang het en die nodige tyd gehad het vir hul immuniteit om te ontwikkel.”
Hulle sal môre begin om by Mediclinic Nelspruit Dagkliniek die J&J-entstof aan geregistreerde pasiënte toe te dien. Mense is gevra om vooraf afsprake te maak.
De Villiers voeg by dat daar tans nie genoegsame kliniese data is om die gebruik van ivermektien vir Covid-19 aan te beveel nie.
Mediclinic raai mense ook sterk aan om hul eie gesonheid te beskerm, veral deur hul gedrag.
“Dit bly belangrik vir individue om by die inperkingsregulasies te hou om die verspreiding van die virus te vertraag en sodoende druk op fasiliteite te verminder en meer mense die geleentheid te gee om ingeënt te word.”
Mediclinic Nelspruit Dagkliniek sal weeksdae tussen 08:00 en 15:00 oop wees. Om op die EVDS-stelsel te registreer, besoek https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/.


×