100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lloyd Harris se ma deel haar raad vir sport ouers

Written by on August 9, 2021

Suid-Afrika se top-man-tennisspeler, Lloyd Harris, het in die vroeë oggendure van Vrydag die grootste oorwinning van sy loopbaan tot dusver behaal, toe hy by die ATP Citi Open die legendariese Rafael Nadal verslaan het.
Sy ma, Cecelia Harris, het haar raad aan Laeveldse ouers wie se kinders sportdrome koester, met Radio Laeveld 100.5FM gedeel.
Die dryf moet van die kind af kom, sê sy, maar jy moet ook jou kind ondersteun.
“Wees realisties,” sê sy, “en kry hulp van iemand wat dalk meer weet as jy. Afrigters is nie altyd noodwendig eerlik met ouers nie, en skep ‘n verwagting, maar vertrou jou gevoel – jy ken jou kind die beste.”
Luister weer hier na haar gesprek met Gerhardt.


×