100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

MDSA-deelnemers hou werkswinkel in Mpumalanga

Written by on March 15, 2021

Die 30 deelnemers aan vanjaar se Mejuffrou, Mevrou en Meneer Dowe Suid-Afrika (MDSA) het Saterdagaand hul bande ontvang tydens ‘n seremonie by Mankele.
Dit help die deelnemers in hul gemeenskapswerk, wat die belangrikste aspek van die kompetisie is.
Weens die pandemie het dit nie verlede jaar plaasgevind nie.
Iain Gunn van Tourism Friendly, wat dit reël, sê dit is die eerste keer dat die naweek-lange werkswinkel in Mpumalanga plaasvind.

“Ons het onlangs Mankele oorgeneem, en besef die area bied soveel om te sien en te doen,” sê Gunn. “Die pandemie het ook alles verander, toe dink ons, ‘kom ons verander ook die MDSA’.”
Die deelnemers is die hele naweek getrakteer met behulp van verskeie borge.
Hulle het onder meer Vrydagaand ‘n toer van die Sudwala-grotte gedoen en saam met Rhythm Africa Arts Ensemble marimba en dromme gespeel.

Elf van die deelnemers is mans. Die vroue het twee kategorieë: deelnemers jonger as 25 neem deel in die mejuffrou-kategorie. Die mevrou-kategorie is oop vir enigie vrou ouer as 25, ongeag hul huwelikstatus.
Donne Gunn verduidelik dat die oogmerk is dat hulle werk in die dowe gemeenskap en die breër publiek meer bewus maak van doofheid.
Mejuffrou, Mevrou en Meneer Dowe Suid-Afrika word later vanjaar gekroon.


×