100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man probeer glo 50 kg heroïen land insmokkel

Written by on September 7, 2023

‘n Manlike taxibestuurder is Maandagmiddag met sowat 50 kg heroïen by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem.
Volgens inligting was lede van die SAPD wat by die grens werk, besig met hul normale roetine-pligte toe hulle ‘n Toyota Quantum-minibus met ‘n Noordwes-registrasienommer voorgekeer het.
50 kg heroïen
Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdluli, sê polisielede het die poeier getoets om vas te stel wat hulle ontdek het voordat hulle die bestuurder gearresteer het vir beweerde handel in dwelms weens die 50 kg heroïen.
Luister hier:

Sien ook: Vermeende smokkelaars by Lebombo vasgetrek
‘n 38-jarige buitelandse burger sal na verwagting ook vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn vir die oortreding van die Doeane- en Aksynswet.
Hy is gister deur die Valke by Lebombo in hegtenis geneem.
Sy DAF-vragmotor met twee sleepwaens wat van Mosambiek na Suid-Afrika onderweg was, is gestop en deursoek.
Vervalste tekkies met handelsname van Nike, New Balance, Diesel, Lacoste en Reebok, met ‘n geraamde straatwaarde van R4,5 miljoen, is gevind.


×