100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende smokkelaars by Lebombo vasgetrek

Written by on March 3, 2023

‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn na hulle Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer is.
Hulle was vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad.
Volgens die Valke was hulle in besit van vervalste goedere met ‘n geraamde straatwaarde van R800 000.
Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis Vuitton, Versace, Diesel, Polo en Gucci is in hul vragmotor gevind.
Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê hulle word aangekla van oorteding van die Wet op Doeane en Aksyns en besit van nagemaakte goedere.


×