100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Selanna Biggs vertel van traumatiese motorongeluk

Written by on April 23, 2021

Selanna Biggs (19) is getraumatiseer en in pyn na ‘n ernstige motorongeluk amper twee weke gelede. Sy is die Saterdag as vermis aangegee en eers ongeveer 28 uur later gevind.
‘n Massiewe soektog na haar is geloods, met baie inwoners wat saam gesoek het voor sy naby Kaapsehoop gevind is.
Sedertien het Selanna twee operasies aan haar gebreekte femur ondergaan en sy sterk tans by die huis aan.

Sy het vir Sanett vertel van een van die mees traumatiese gebeurtenisse van haar lewe: van die ongeluk tot die gevaar toe reddingswerkers haar uit die wrak gehaal het en die lang pad na herstel wat voorlê.
“Ek wens ek kon sê dit gaan goed, maar ek sou jok,” sê sy. “Dinge is baie moeilik. Ek sukkel regtig met baie pyn en emosionele trauma, maar ek probeer die blink kant sien, en dinge net een dag op ‘n slag vat.
“Ek onthou baie min van die ongeluk. Wat ek wel onthou is dat ek rondom Kaapsehoop was, soos ek elke week maak. Dit is ‘n stokperdjie – ek hou daarvan om foto’s te neem van die wilde perde en om in die woud te wees.
“Ek onthou ek was op ‘n woudpaadjie en dit was baie hobbelrig. Die laaste ding wat ek onthou was dat ek beheer oor die kar verloor het.”
Deur die nag was dit baie koud, sy was vasgekeer en baie bang. Haar selfoon was in die enjin, buite haar bereik, en soos gewoonlik was die klank afgeskakel.
Luister weer na haar ontstellende vertelling.


×