100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lowveld High-skoonheid op pad na Guatemala

Written by on May 24, 2021

Bajabulise Thela (17), Mej. Tiener Suid-Afrika Supranasionaal, sal eersdaags die land verteenwoordig in die Mej. Tiener Supranasionaal kompetisie. Dit word in Oktober in Guatemala aangebied.

Daar sal hierdie gr. 12-leerling aan Lowveld High teen 14 skoonhede van ander lande deelneem om die internasionale kroon te dra. Sy is in Junie aangewys as die handelsmerk-ambassadeur vir die plaaslike kompetisie.
Bajabulise sê sy sien daarna uit om mense van ander kulture te leer ken. “Ek is ook gereed om my land te omarm en hulle my kultuur te gaan wys,” sê sy. “Ek wil hulle wys hoe ons vlag se verskillende kleure ons verteenwoordig.”
Sy het groot bewondering vir Zozibini Tunzi, wat twee keer nié Mej. Suid-Afrika gewen het nie, maar toe later Mej. Heelal geword het.
“Dit wys jou, as jy ‘n droom het, moet jy nooit daarop opgee nie.”
Bajabulise het meer met Sanett gesels. Luister weer hier na die gesprek:


×