100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Baba Ayden na twee weke steeds in koma

Written by on May 21, 2021

Die ses maande oue Ayden van Niekerk is na twee weke steeds in ‘n mediese koma in die hospitaal.
Hy het op 6 Mei verstik en is per helikopter van Lydenburg na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg gevlieg, waar hy sedertien in die intensiewesorgeenheid behandeling ontvang.
Aanvanklik was die gesin in die donker oor hoekom Ayden net ophou asem haal het. Die dokters kon intussen bevestig dat hy die dag wel verstik het en dat dit nie ‘n mediese aanval van enige soort was nie.
Daar word vermoed dat ‘n stukkie biltong op ‘n manier in sy keel beland het, en sy lugpyp geblok het.

Volgens Ayden se ma, Estelle van Niekerk, is sy sedasie gister verder halveer, en hoewel hulle gehoop het om hom vandag heeltemal daarvan af te hê, moes hulle hom vandag weer onder verdowing plaas omdat hy sukkel om asem te haal.
Die hoop was dat hulle hom dan uit die mediese koma kon begin haal en van die masjiene begin ontkoppel.
Sy voeg by dat hulle hom Woensdag vir die eerste keer in twee weke sien beweeg het – sy mondjie, handjies en voetjies het beweeg.

Op Facebook het die “Bid vir baba Ayden”-groep reeds meer as 1 300 lede.


×