100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Liznica bied hoop vir verwerpte babas

Written by on September 22, 2023

Liza en Veronica Labuschagne bedryf reeds verskeie jaar Liznica House of Hope waar hulle na verwerpte babas omsien.

Liza gesels met Gerhardt en Andri oor die redes waarom ouers besluit om hul baba of kind agter te laat en waar desperate ma’s aan kan klop om hulp.

“Dit is meestal ma’s wat geboorte skenk en dan besluit om die kind by die hospitaal te los,” sê sy.

“Dit is soms ook baie jong ouers sonder familie wat kan help. Dan voel hulle dit is beter om hulle daar te los.”

Die kinders waarna Liznica omsien (tans is daar vyf) word deur Child Welfare daar geplaas.

Labuschagne sê desperate ouers moenie skroom om by Child Welfare aan te klop om hulp nie.

“Hulle sal altyd eers probeer help.”

Luister weer hier:

Sien ook: Collivery verras ISAF met donasie


×