100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Uiterste brandgevaar tot Maandag

Written by on September 23, 2023

Die Laeveld en Platorand Brandbeskermings-vereniging (Lefpa) sê gevaarlike tot uiterste brandgevaar toestande sal tot Maandag in die Laeveld heers.

’n Frontale stelsel wat vandag reën en koue na dele van die Wes-Kaap bring, gaan na verwagting baie winderige toestande oor bykans die hele land veroorsaak en ingevaarlike toestande vir veldbrande skep.

Dit sluit in die Vrystaat, die Oos-Kaap, die ooste van die Noord-Kaap, Noordwes en selfs dele van KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

André Scheepers van Lefpa vra lede van die publiek om nie oop vure tydens die winderige toestande te maak nie, asook om nie enigiets te doen wat tot brande kan lei nie, weens die uiterste brandgevaar.

Raporteer enige oop vure aan Lefpa by 086-066-3473.

Luister ook: Bly veilig die Laeveld brandseisoen – Radio Laeveld


×