100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lisensiebedrog kos provinsie R35m in 4 dae

Written by on November 7, 2023

Die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid sê hy het binne slegs vier dae verlede maand ‘n verlies van meer as R35 miljoen by die KwaMhlanga- en Siyabuswa-lisensiekantore gely weens korrupsie.

Die departement het aangekondig dat hulle lisensies wat op ‘n bedrieglike wyse bekom is, gaan kanselleer en gekanselleerde boetes gaan herinstel.

Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê alle uitstaande boetes sal verhaal word.

Intussen sê die DA veel meer moet gedoen word om bedrog met lisensies hok te slaan.

Beamptes werk dan saam met motoriste en vloot-eienaars om lisensies onwettig te hernu en verkeersboetes te kanselleer.

Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, sê die agterstand by lisensiekantore moet aangespreek en bestuurskole moet gereguleer word.

Luister hier:

Volgens Mmusi is sowat 20 beamptes sedert 2020 van bedrog en korrupsie aangekla.

Hy sê hulle wag vir die padverkeerkorporasie om werknemers se aanmelding op die stelsel na vingerafdrukke te verander.

Sien ook: Borg vir amptenare wat glo met voertuiglisensies konkel


×