100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Groepsgeweld eis nog drie in Nkomazi

Written by on November 7, 2023

Drie mense is die afgelope twee dae in voorvalle van groepsgeweld in die Nkomazi-area van die Laeveld vermoor.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is ‘n 18-jarige gister in Hectorspruit gestenig terwyl twee mans Sondag lewend aan die brand gesteek is in Blok C naby Tonga.

Daar word beweer dat die slagoffers by misdaad betrokke was.

Luister:

Die polisie vra dat gemeenskappe nie die reg in eie hande neem nie, maar saam met die polisie werk om misdaad hok te slaan.

Op 25 Oktober is sewe mense in vier afsonderlike voorvalle in die Laeveld vermoor in wat na vermoede ook groepsgeweld was.

Lees meer: Groepsgeweld eis sewe lewens in een dag

Twee mense is by Mjejane naby Hectorspruit gevind waar hulle in ‘n plas bloed gelê het nadat hulle na bewering aangerand is.

Nog drie mense is die aand doodgebrand met hul voertuig sowel as ‘n sleepwa wat aan die brand gesteek is.

‘n 28-jarige se liggaam is met veelvuldige beserings naby ‘n taverne in Marite naby Bosbokrand ontdek.

Dieselfde aand is ‘n 33-jarige dood na hy erg aangerand is deur ‘n groep mense by die Lydenburg-taxistaanplek.


×