100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Groepsgeweld eis sewe lewens in ‘n dag

Written by on October 27, 2023

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, betreur die dood van sewe mense Woensdag in die Laeveld in vier afsonderlike voorvalle wat na vermoede groepsgeweld was.

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER

Twee mense is by Mjejane naby Hectorspruit gevind waar hulle in ‘n plas bloed gelê het nadat hulle na bewering aangerand is.

Nog drie mense is die aand doodgebrand met hul voertuig sowel as ‘n sleepwa wat aan die brand gesteek is.

‘n 28-jarige se liggaam is met veelvuldige beserings naby ‘n taverne in Marite naby Bosbokrand ontdek.

“Klippe, bakstene sowel as stokke is langs die slagoffer se lyk gevind,” sê die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli.

Dieselfde aand is ‘n 33-jarige dood na hy erg aangerand is deur ‘n groep mense by die Lydenburg-taxistaanplek.

Volgens Mdhluli ondersoek hulle of die twee voorvalle in Mjejane met mekaar verband hou.

Shongwe moedig mense aan om deel te neem aan strukture soos gemeenskapspolisiëringsforums (GPFs) om saam met die polisie te werk om misdaad te voorkom en om nie die reg in eie hande te neem nie en aan groepsgeweld deel te neem nie.

“Gemeenskappe moet misdaad rapporteer en as informante optree, omdat hulle nie opgelei is om verdagtes te arresteer nie. Om die reg in eie hande te neem is ‘n kriminele oortreding,” sê hy.

Sien ook: Administratiewe klerk van polisie doodgeskiet


×