100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Administratiewe klerk van polisie doodgeskiet

Written by on October 27, 2023

‘n Administratiewe klerk wat vir die Mpumalanga polisie in Mbombela gewerk het, is gister op die R40 tussen Mbombela en Barberton doodgeskiet.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, was die 36-jarige saam met twee kollegas, wat ook vir die polisie werk, in ‘n ongemerkte polisievoertuig toe hulle twee mense ‘n saamrygeleentheid gegee het.

Mdhluli het vroeër berigte dat die passasiers polisiebeamptes was, ontken.

Die rylopers het glo aangedui hulle wil by die afdraai na Kaapsehoop uitklim en een het ‘n vuurwapen te voorskyn gebring om hulle te beroof.

Die administratiewe klerk, wat bestuur het, is noodlottig gewond.

Mdhluli sê een van die passasiers het met sy persoonlike vuurwapen teruggeskiet.

Die verdagtes het te voet die bosse in gevlug en verdwyn.

Sien ook: Gedenkdiens vir vermoorde Megan Griesel Sondag gehou


×