100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laeveld luisteraars deel hul Covid-nagmerries

Written by on June 24, 2021

Suid-Afrika het Woensdag ‘n allemintige 17 493 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken. Positiewe gevalle neem ook al hoe vinniger toe in Mpumalanga, waar 826 nuwe gevalle bevestig is die afgelope 24 uur.
Van ons luisteraars wat van die siekte herstel het, of steeds herstel, het hul ervarings gedeel, om ander te waarsku en te bemoedig.
Chris Botha (56) van Witrivier was beïndruk hoe die departement van gesondheid daagliks met hom en sy vrou opgevolg het oor hoe dit met hulle gaan.

Monique O’Reilly (35) van Komatipoort het verlede week positief getoets. Sy sê sy en haar 17-jarige sussie het baie sieker geword van Covid as haar man en skoonpa, wat nie net ouer as hulle is nie, maar ook onderliggende siektes het.

Réhann Coetzee (51) van Mbombela is vroeg vanjaar behoorlik platgetrek deur die virus. Hy sal die inenting teen dit ontvang sodra hy kan, want hy wil nooit weer Covid-19 hê nie.

Willa de Jager (56) was verras met die goeie sorg wat sy by Rob Ferreira-hospitaal ontvang het.

Die oud-Laevelder Frieda Visagie het vroeër die jaar haar suster weens Covid-19 verloor. Sy was self verlede jaar baie siek. Sy vertel dit was ‘n vreesaanjaende ervaring.


×