100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Covid-inentings: Wat is jou regte by die werk?

Written by on June 24, 2021

Dit gons oor Covid-inentings in die werksplek. Ingevolge wetgewing is daar niks wat werkgewers verhoed om te vereis dat werknemers ingeënt moet word nie. Daar is egter geen wet wat vereis dat werkgewers hul werknemers daartoe moet dwing nie.
Volgens Carmen Saffy, ‘n arbeidsprokureur by Walters & Stander, het die kwessie in meer besonderhede aan Sanett verduidelik. Luister weer na die gesprek.

Regulasies wat op 11 Junie uitgekom het, gee ‘n werkgewer ‘n keuse of hulle ‘n inentingsbeleid wil instel of nie. Werknemers kan egter weier.
“Daar is geen skriftelike redes nie, want geen sake was al voor die kommissie vir konsiliasie, mediasie en arbitrasie (CCMA) of arbeidshof nie,” sê Saffy.
Werknemers het regte in die Wet op Gelyke Indiensneming en grondwetlike regte (jy kan om mediese, kulturele en geloofsredes weier om die inenting te ontvang).
“Daar moet redelike redes wees. Die werkgewer moet vertroue hê dat hulle dit kan verduidelik. Dit kan nie net wees dat hulle voel mense moet ingeënt word en dit dan op ander mense afdwing nie. Alle gewone prosedures gaan gevolg moet word.”


×