100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jongste waardasierol vanaf 1 Julie beskikbaar vir inspeksie

Written by on June 23, 2021

Eienaars van eiendom in Mbombela het van volgende maand af slegs vyf weke om die jongste waardasierol van eiendomme na te gaan en moontlik beswaar aan te teken.
Dié rol word jaarliks hersien en bepaal die bedrag waarop eiendomsbelasting bereken word.
Munisipale tariewe gaan in die komende finansiële jaar met 6% op.
Mbombela-raadslid, Kleinste Janse van Rensburg, sê sy verwag dat eiendomswaardes minder sal word, weens die wankelrige ekonomie.
Sy moedig eienaars van eiendom sterk aan om die rol na te gaan, en beswaar aan te teken sou hulle ontevrede wees met hoe hul eiendom waardeer is.
Janse van Rensburg is verder besorgd oor wat dit vir Mbombela se koffers, en dus dienslewering, kan beteken.
Luister weer na haar volledige gesprek met Ludi hier:


×