100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Klante van Malelane SuperSpar moet hulle laat toets vir COVID-19

Written by on April 10, 2020

Die Kommunikasiedirektoraat van die Mpumalanga Departement van Gesondheid doen ʼn dringende beroep op enigeen wat die Malelane SuperSpar vanaf Vrydag 27 Maart tot en met die sluiting van die winkel betree het om na vore te kom en getoets te word vir COVID-19. Dit sluit ook enigeen in wat by die buitelandse valuta-kantoor binne in die Spar sake gedoen het.

Dit volg op die sluiting van die supermark. Twee werknemers van die supermark het positief vir die koronavirus getoets. Die eerste persoon wat positief getoets het, het in die buitelandse valuta-kantoor binne in die SuperSpar gewerk terwyl die tweede persoon een van Spar se werknemers is.

Nadat die twee positief getoets het, het die Distrik Munisipaliteit gereageer op ʼn versoek om dringend op te tree en die Spar te sluit. Al 76 werknemers van die Spar is deur ʼn siftingsproses geplaas en huis toe gestuur om in selfkwarantyn te bly vir ten minste twee weke. Hulle word daagliks deur ʼn span van die Departement van Gesondheid gemonitor.

Die Departement van Gesondheid het ook aangekondig dat hulle verskillende gesondheidwerkers na die Nkomazi plaaslike munisipaliteit gaan stuur vir die nodige siftingstoetse as deel van die uitgebreide toetsingsproses wat vroeër deur Pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Die premier van Mpumalanga, Me. Refilwe Mtshweni-Tsipane het op Donderdag 9 April hierdie toetsings- en siftingsproses amptelik in die Dr JS Moroka plaaslike munisipaliteit in werking gestel.


×