100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Die Innibosfees weier om te gaan lê

Written by on April 9, 2020

Met President Cyril Ramaphosa se aankondiging van ‘n ekstra twee weke tot die inperkingtydperk toegevoeg hou die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees organiseerders steeds duime vas dat daar ‘n kans is dat die fees in Junie mag voortgaan. In ‘n plasing op die fees se sosiale media bladsye, enkele minute na die President se toespraak, het die organiseerders aangedui dat die beplanning steeds voortgaan, al sou dit beteken dat die fees tot ‘n latere datum in die jaar uitgestel kan word. Maar vir eers is daar steeds ‘n sweempie van hoop dat die fees steeds van 24 tot 27 Junie sal voortgaan:

 Indien die fees nie in Junie kan plaasvind nie is die volgende beskikbare datum moontlik eers in September of selfs Desember 2020. Die fees is in sy eerste jaar ook in die tweede helfte van die jaar, in September 2003, aangebied. Een van die faktore waarom die fees na die Laeveldwinter geskuif het was juis die weersomstandighede. Desember kan ook as ‘n datum gekies word, maar as gevolg van die vakansieseisoen wat om en by vanaf 15 Desember in erns begin, sou dit beteken dat die eerste of op die laaste die tweede naweek in Desember die volgende gekose datum mag wees.

 Die organiseerders het op Instagram gesê dat daar in die week met die Direksie vergader word om te besluit op onder andere die volgende stappe:

  1. Hoe gaan die fynere besonderhede van die inperking met betrekking tot die jongste aankondiging van President Cyril Ramaphosa die beplanning en uitvoering van die fees beïnvloed,
  2. Dat die besoekers se veiliheid met betrekking tot die COVID-19 virus nie in gedrang kom nie, en
  3. Watter datum daar beoog word om die fees aan te bied indien die fees nie in Junie kan voortgaan nie.

‘n Amptelike verklaring word volgende week aangaande die besluite uitgereik.


×