100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jongspan bederf met Kerspartytjie in Elandshoek

Written by on December 13, 2022

Die Church Unlimited Kaapsehoop-gemeente het hul jaarlikse Kerspartytjie vir kinders by die URC-gemeente in Elandshoek gehou.

Dit is vanjaar saam met vennote soos Sinani en Radio Laeveld 100.5FM Met Hart moontlik gemaak. Met Hart is die radiostasie se gemeenskapsdiensprojek.
In samewerking met Sinani voorsien die URC-gemeente daagliks maaltye aan sowat 150 kinders in Elandshoek.

Die jongspan is tydens die Kerspartytjie vermaak met boeresport, kunsvlyt en ‘n vertoning en bederf met lekkergoed, koeldrank, koek, middagete en ‘n geskenkie.


×