100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ondersoek na matrikulante glo tydens eksamen kul

Written by on December 12, 2022

Die departement van basiese onderwys het ‘n ondersoek geloods na bewerings dat matrikulante tydens die eindeksamen verneuk het.
Meer as ‘n duisend leerlinge in ses provinsies word betrek.
In Mpumalanga het 1 127 leerlinge in die Manyeleti-kring van Bohlabela-distrik glo tydens ‘n ekonomie-vraestel gekul.
Hulle het onderwysers glo betaal om by WhatsApp-groepe aan te sluit waar antwoorde tydens eksamensessies gedeel is. Toesighouers het glo ook antwoorde aan leerlinge verskaf.
‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê hulle verwelkom die ondersoek.

Die onderwysvakbond NAPTOSA het sy tteleurstelling uitgespreek oor die bewerings van bedrog.
Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame sê dat kinders nie toegelaat moet word om selfone skool toe te vat nie. Die nasionale sekretaris, Matakanye Matakanye, sê streng selfoonbeleide is nodig by skole.


×