100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

‘Hy was ‘n held’ sê vrou oor jong vermoorde pa

Written by on June 19, 2021

Mason Mccleeve het baklei om sy vrou en klein seuntjie te beskerm, toe hy Woensdagaand doodgeskiet is in sy huis in Rocky Drift.
Zanyika Maclean vertel hulle het geslaap toe sy wakker word en besef daar is iemand in die huis. Daar word vermoed dat ‘n groep mans die aand by verskillende huise in die area probeer inbreek het.
“Ek het wakker geskrik en het die skaduwee gesien,” vertel sy. “Ons hou ons badkamerlig aan en die skaudwee het in die kamer in geval.
“Ek het my man, aan hom geraak, toe sê ek iemand is in die huis.”
Mason het opgespring en hulle in die kombuis ingedruk om hulle van die kamer weg te hou.
Zanyika sê hy is van baie naby in die maag geskiet – en daarna ook deur sy hart.

“Hy is dood voor ons by die hospitaal gekom het. Hy is basies in my arms dood.”
Sy sê hy was ‘n held wat vir hul lewens baklei het.
“Hy het baklei vir ons lewens, hy het ons beskerm. Hy was ‘n absolute held.”
Die mans het na vermoede te voet gevlug.


×