100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gedenkdiens vanmiddag vir Baba Ayden

Written by on November 17, 2023

Baba Ayden van Niekerk is Maandagaand oorlede.
Sy ma, Estelle, skryf: “Ayden het sy engel vlerkies gekry en hardloop nou saam sy Pappa Jesus rond in die Hemel”.
Die dapper seuntjie van Lydenburg was maar ses maande oud toe hy in Mei 2021 skielik ophou asemhaal het.
Hy is later met brein-hipoksie gediagnoseer.
Sien ook: Baba Ayden: Ma vertel van vordering
Ayden het op sy derde verjaarsdag, op 1 November, ‘n groot terugslag beleef toe hy lewerversaking begin kry het.
‘n Gedenkdiens word vanmiddag om 15:00 vir hom gehou.
Dit sal regstreeks of Facebook gestroom word by @ Nadine Elize van Niekerk.


×