100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verkiesingsregistrasie die naweek

Written by on November 17, 2023

Alle stemgeregtigde kiesers is aangemoedig om tydens die verkiesingsregistrasie die naweek te registreer om te stem.

Ter voorbereiding van volgende jaar se nasionale en provinsiale algemene verkiesings, sal kiesersregistrasiestasies hierdie naweek oopmaak om mense die geleentheid te gee om te registreer.

Al 23 296 stemlokale sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 oop wees vir verkiesingsregistrasie.

Trudie Grovè-Morgan van die DA sê al wat voornemende kiesers benodig is hul ID.

Luister weer hier

Sy voeg by dat sowat 14 miljoen stemgeregtigdes in Suid-Afrika nie geregistreer is om te stem nie.

“Jy móét stem, al is dit nie vir ons nie” sê sy. “Dit is ons laaste kans om ons land te red.”

Sien ‘n lys van stemlokale in Mbombela: Lys van stemlokale

Besoek die webtuiste van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK)

Sien ook: Verkiesingsdag 2021 nie sonder probleme in Ehlanzeni nie


×