100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gaan Bos InniMall hierdie Erfenisdag-viering

Written by on August 25, 2021

‘n Tweede winter is verby waarin Laevelders nie trakteer kon word op die land se beste kunstefees nie.
Tog is ‘n plan beraam om darem van die top-vermaak waaraan ons al gewoond geraak het, volgende maand net hier in Mbombela aan te bied.
Gaan Bos InniMall is in samewerking met i’langa Mall en Innibos Kunstefees en beloof om die Erfenisdag-langnaweek in September besonders spesiaal te maak.
Hierdie drie dag lange fees skop op 23 September af en alles vind plaas by die winkelsentrum.
Daar is musiek, toneel, boeke en kosdemo’s, kuns, ‘n rolprentfees, damestee, vermaak vir die kleinspan en selfs ysskaats.
Jy kan uitsien na onder meer Majozi, Elvis Blue en Refentse.
Sandra Prinsloo is te sien in “Oskar en die pienk tannie” en Frank Opperman in “Steeds Donkie”. Dowwe Dolla, Schalk Bezuidenhout en Wynand van Vollenstee sal ook die lagspiere kielie.
Lizz Meiring bied ‘n damesoggend aan en die jongspan kan gaan Ruk en Roll by die ysskaatsbaan. Plaaslike kunstenaars en skrywers se werk word ook bekendgestel.
Die internasionaal-bekroonde romantiese komedie, “Kaalgat Karel” sal die Donderdag by Gaan Bos InniMall sy première hê voor dit op 24 September landwyd in teaters open.
Daar is iets vir elke smaak. Besoek innibos.co.za vir die volledige program.
Kaartjieverkope open vandag. Alle kaartjies vir die vertonings is by i’langa Mall se bestuurkantoor te koop.


×