100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Penryn College voeg Cambridge tot hul akademiese aanbieding

Written by on August 25, 2021

Penryn College sal vanaf volgende jaar die Cambridge-kurrikulum begin aanbied vir gr. 8’s.
Dit maak hulle die eerste skool in die Laeveld wat beide die Cambridge- en IEB-kurrikulums bied.
Penryn College se hoof, Albert Pienaar, sê dit sal infaseer word en vir die eerste twee jaar geïntegreerd wees. Die leerlinge sal vanaf hul gr. 10 jaar in 2024 kies met watter een om voort te gaan en in gr. 12 óf die IGCSE-eksamen óf die IEB-eksamen aflê.
Pienaar sê al hoe meer gesinne wil die opsie hê dat hul kinders oorsee gaan studeer. Beide word in Suid-Afrika en internasionaal aanvaar vir tersiêre studie, maar Cambridge vergemaklik dit by veral sekere instansies in die Verenigde Koninkryk, VSA en Kanada.

“Ons wil verseker dat leerlinge aan die einde van hul matriekjaar die veranderende wêreld kan omarm. Hiermee bied ons hulle ‘n groter diversiteit van onderwys,” sê Pienaar.
‘n Groot verskil is dat die IEB deur die regering se CAPS-beleid gelei word. Pienaar beskryf dit as breër, waar Cambridge meer in diepte fokus op minder vakke. So kan jy byvoorbeeld kies tussen chemie of fisika as vak.
Die skool hou vanaand ‘n inligtingsessie vir belangstellende ouers en leerlinge. Dit vind aanlyn plaas en begin om 18:00. Besoek Penryn College op Facebook vir die skakel.


×