100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie vermeende moordenaars verskyn in die Nelspruit-hof

Written by on January 28, 2021

Die vermeende moordenaars Joseph “Big Joe” Nyalungu (54), Selby Nyalungu (44) en Elvis Mulimi (50) het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van moord en ontvoering.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Willy Shipalane 10 jaar gelede ontvoer en vermoor het.
Shipalane (36) is na bewering in Februarie 2010 in Hazyview vermoor. Sy liggaam is dieselfde maand in Inyaka-dam gevind.
Hy en Joseph Nyalungu was bure. Shipalane het vir Eskom gewerk en na bewering transformators gesteel wat hulle saam landuit gesmokkel het.
Hy is glo vermoor na ‘n dispuut hieroor. Nyalungu was destyds ‘n polisieman wat by die grens gestasioneer was.
Joseph Nyalungu en Mulimi is in Julie in Hazyview aangekeer. Hulle is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Joseph Nyalungu se broer, Selby Nyalungu, het homself eers gister, saam met sy regsverteenwoordiger, aan die Valke oorgegee.
Hy is ook borgtog van R1 000 toegestaan toe die drie saam in die hof verskyn het.
Die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, sê die saak is uitgestel tot 21 Februarie wanneer hulle weer in die hof sal verskyn.

Nyalungu is beter bekend as “Big Joe”, die vermeende baasbrein van ‘n stropingsindikaat.
Hy staan ook tereg op klagtes van stroping, diefstal en die besit van gesteelde goedere saam met ses ander mense.
Onder hulle is Petros Mabuza, wat saam met Nyalungu as die baasbrein van die sindikaat beskou word, asook verskeie voormalige polisiemanne.
Die sewe is aanvanklik in September 2018 gearresteer.
Hul beplande hofverskyning verlede jaar is weens die uitbreek van die Covid-19-pandemie uitgestel, en ‘n nuwe hofdatum sou bepaal word. 


×