100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tropiese storm Eloise eis drie lewens in Mpumalanga

Written by on January 26, 2021

Drie mense is bevestig as dood in Mpumalanga weens die direkte resultaat van tropiese storm Eloise.
Vroeër vandag nog, tydens ‘n inligtingsessie met die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, asook die LUR’e van die provinsies wat die ergste deur die storm geraak is (Mpumalange, Limpopo en KwaZulu-Natal) was die polisie nog besig met ‘n soektog na twee mense wat weens die hoë reënval as vermis aangegee is in Mashishing en Pilgrim’s Rest.

Mpumalanga se LUR vir samewerkende regering, Mandla Msibi, het intussen, kort voor 17:30, bevestig dat die dodetal egter nou op drie staan.
Die eerste bevestigde geval was die van ‘n vyfjarige seuntjie wie se liggaam ontdek is na hy oor die naweek deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is.
Hy het glo saam met ander mense probeer om die water oor te steek, maar is meegesleur.
‘n 40-jarige man het in ‘n rivier in Pilgrim’s Rest verdrink. ‘n Baba het ook in ‘n rivier geval in Elukwatini, in Chief Albert Luthuli-munisipaliteit, terwyl haar ma besig was om ‘n stroom oor te steek.
“Die sterftes het ons in rou gedompel,” sê Msibi. “Ons vra ons gemeenskappe om nie strome en riviere en damme oor te steek nie, terwyl hulle nou in vloed is nie.”
Veertien huise in Calcutta is erg beskadig deur die storm, en nege mense is beseer.
Verskeie gesinne van Mkhuhlu buite Hazyview moes ook van tydelike behuising voorsien word, na hul huise skade gely het.


×