100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Devon Williams voorts heeltyds ‘n Bul

Written by on February 13, 2024

Die Vodacom Bulls het die voltydse dienste bekom van die Pumaspeler Devon Williams.

Die heelagter word sedert Augustus aan die span in Pretoria geleen.

Volgens Netwerk24 sal hy daar aanbly na die Bulls sy kontrak, wat in Oktober verstryk, uitgekoop het.

Williams het verlede jaar sy 100ste wedstryd in die pienktrui gespeel.

Hy was agt jaar lank deel van die Mpumalangaspan.

Die hoofafrigter van die Pumas, Jimmy Stonehouse, is aangehaal dat Williams se vertrek ‘n groot verlies is vir die 2022-Curriebeker-kampioene.

Sien ook: Curriebeker-eindstryd: Pumas hou nabetragting

Foto: Kaptured Concepts


×