100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Departement sluit hospitale vir besoekers

Written by on April 1, 2020

Alle besoektye in Mpumalanga hospitale is afgestel.
Volgens die gesondheidsdepartement se hoof, dr. Saveera Mohangi, word besoektye opgeskort om die verspreiding van die virus hok te slaan. Dit sal tot die einde van die tydperk van inperking geld.
Die departement sal ook sekere dienste afskaal om op koronavirus te konsentreer.
Elektiewe chirurgie sal uitgestel word. Slegs noodgevalle, verwagtende vroue, onkologie-pasiënte, diegene wat dialise ontvang en pediatriese pasiënte sal toegelaat word in hospitale.
Kroniese pasiënte moet drie maande se voorraad vir hul behandeling ontvang en mag hul medikasie afhaal, aldus die departement.


×