100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bernice West – SonopBlom

Written by on April 1, 2020

Bernice West trek aandag met eerste enkelsnit – Maak my Famous

As die naam bekend lyk, as die stem bekend klink is dit maar net die begin van jou avontuur saam met Bernice West.

13 Maart 2020

Bernice het aanvanklink bekendheid verwerf as die naaswenner van Maak My Famous en was ook deel van die Bohemian Rhapsody musiek video wat deur die Hoërskool Rustenburg se koor gesing was en wat groot opslae in die media gemaak het.

Die nuweling se unieke styl en asemrowende stem gaan jou verras, ‘n volgende stap in die evolusie van Afrikaanse Pop Musiek.

“Sonop-Blom sal ek nie noodwendig klassifiseer as ’n spesifieke genre nie, dit is bloot ’n mengsel van ’n bietjie modern-pop gemeng met rock en dalk ’n bietjie alternative saam met dit gegooi, dit pas (on)gelukkig nie in ’n boks nie en dit is oop vir die luisteraar om self te besluit waarin hulle dit wil klassifiseer.” sê Bernice van haar debuut enkelsnit.

Behalwe vir haar unieke stem is Bernice ook ‘n talentvolle liedjie skrywer.

“Sonop-Blom was een van my eerste volledige liedjies wat ek op die uke geskryf het. Die storie rondom dit gaan oor ’n meisie wat op die maan gebly het en dood verlief was op die son, alhoewel sy weet sy nooit naby die son kon kom nie, het sy ’n hele bedding vol sonneblomme op die maan geplant, net sodat sy die son se strale in die groei van die blomme kon vasvang. Net so is dit ook wanneer jy iemand of iets in jou lewe verloor het en jy na hulle verlang, hou jy aan die klein memories wat jy saam met hulle gehad het vas, of aan die bietjie wat jy van hulle kon ontvang.”

Haar loopbaan het nou eers begin, maar het alreeds hoogtepunte met vele meer in toekoms.

“Alles wat tot dusver gebeur het in ’n tydperk van 7 maande was vir my ’n hoogtepunt. Die feit dat ek by ’n onbeskryflike rekord label, Inhoud Huis, kon aansluit, om deel te kon wees van ’n realiteitsprogram, die volkslied tydens die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Argentinië te kon sing, om deel van die RHS Koor se weergave van Bohemian Rhapsody te kon wees, om vir die eerste keer in die Kaap se Sun Arena op te tree en om vir die eerste keer in my lewe op ’n so groot verhoog soos by die INAFRIKAANS konsertreeks te kon sing is ongelooflik.”

(vanaf kykNet.co.za)


×