100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dasha baat by Innibos se eerste huiskonsert

Written by on April 16, 2021

Antoinette en Jacques Goosen was die eerste gashere van Innibos se huiskonserte.
Dié reeks van ses het op 27 Maart afgeskop met Jo Black as die gaskunstenaar.
Dit word deur kykNET geborg en elke maand by ‘n ander Laeveldse inwoner aangebied. Hulle nooi vriende om dit in persoon te kom kyk, maar almal anders kan dit regstreeks luister op Radio Laeveld.
Gaste word dan ook gevra om geld by te dra, wat die gashere aan ‘n welsynsorganisasie van hul keuse skenk.
Die Goosens het Dasha Foundation gekies, en kon sodoende R3 000 aan dié skool vir gestremde kinders oorhandig.

Antoinette verduidelik dat hulle al stories by die skool gedoen het, en so weet daar is ‘n nood.
“Hulle het altyd geld nodig,” sê sy. Dié skenking sal kan bydra tot onder meer skryfbehoeftes en skoonmaakmiddels wat die skool benodig.
“Ons weet dit is ‘n goeie organisasie en die mense wat daar werk is so begeesterd,” sê sy.
Die vertoning was ‘n heerlike, suksesvolle aand, ondanks ‘n donderstorm wat amper die piekniek in die wiele gery het.
Die volgende huiskonsert vind op Saterdag 24 April plaas met Refentse. Skakel om 19:00 in op 100.5FM om dit regstreeks te luister.
Oor die volgende maande kan ook uitgesien word na die pianis Charl du Plessis, Jak de Priester, Elvis Blue en Roan Ash.


×