100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Oupa Pilane trek te velde teen aangaande MTPA-staking

Written by on April 16, 2021

Die onwettige staking deur werknemers van die MTPA duur vandag, na 11 dae, steeds voort.
Hul kantore en reservate is vanaf verlede Dinsdag gesluit.
Lede van Nehawu het verskeie eise aan die MTPA-bestuur gestel.
Woordvoerder van die agentskap, Kholofelo Nkambule sê hulle wag op terugvoer van die vakbond se lede oor die voorgestelde oplossings vir hul griewe.
Oupa Pilane, Mpumalanga se voorsitter van Satsa, sê vir Sanett die staking is ongelooflik sleg vir toerisme.

“Dit is uitermatig sleg. Ons kom uit ‘n swaar inperking met geslote grense,” sê hy.
“Die enigste manier om toerisme te red is deur plaaslike besoekers, maar met die staking is dit moeilik vir die mense wat na ons pragtige provinsie reis, omdat hulle nie net een plek wil besoek nie, maar almal.”
Hy voeg by dat verskeie ondernemings, soos gastehuise en restaurante, toe gemaak het of sukkel en baie werknemers se salarisse ingekort is, as hulle hul posisies kon behou.
“Ons sien min van die regering se kant af om die private sektor te help,” voeg hy by.
Die private sektor het die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, ook gevra om dringend ‘n bestuurskomitee aan te stel om die Barberton Makhonjwa-bergreeks te bestuur.
Pilane sê die regering het bewys dat hulle die wêreld-erfenisgebied nie kan bestuur nie, en dit moet dringend na die private sektor verskuif.
Hulle het Dinsdag daaroor vergader.
Volgens Pilane is daar tans geen beleggings- of bemarkingsplan vir die area nie, al het dit soveel potensiaal vir ekonomiese groei en werkskepping.


×