100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dankbare kommer oor nuwe ambulanse

Written by on December 4, 2020

67 nuwe ambulanse is in Mpumalanga vrygestel, maar die DA woordvoerder van gesondheid, Jane Sithole, sê hulle het nog geen terugvoer gekry van wie die ambulanse gaan kry nie aangesien die provinsie van 178 ambulanse na 33 werkende ambulanse gedaal het wat amper 4 miljoen mense sonder ‘n mediese fonds moet bedien.

Hierdie kommer oor of daar genoeg personeel is om die ambulanse te bestuur kom ook nadat ‘n kleuter gesterf het omdat hy moes wag vir ‘n ambulans wat ure geneem het om op te daag.

Sithole sê dat mense dink dit is die drywers wat lank vat om by ‘n toneel uit te kom, maar daar is in die werklikheid nie genoeg personeel vir die ambulanse nie.

Sithole sê dat hulle al hulle inligting oor projekte in verslagte by die departement kry, maar dit laat hulle met meer vrae.

“Alles staan in hulle verslagte, maar as hulle nie vir ons ‘n direkte antwoord op sake kan gee nie, dan sê hulle die verslag is foutief, maar dit kan nie wees nie want die verslagte word deur beamptes in die departement opgestel,”

“Hulle ondermyn ons intelligensie wanneer hulle vir ons sê ‘n verslag is verkeerd,”

Sy sê dat die Covid-19 verligtings geld spandeer word op sakke en gazebos in plaas van waarvoor dit regtig gebruik moet word. Dit is voor die primier se aandag gebring en ‘n ondersoek is begin, maar Sithole sê sy dink nie dat dit vinnig opgelos gaan word nie.


×