100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Motoriste gewaarsku oor padveiligheid na vier vroue sterf

Written by on December 5, 2020

Vier vroue is Vrydagmiddag in ‘n motorongeluk op die N4 naby Schagen oorlede.
Die sedan waarin hulle gery het, het om ongeveer 17:45 teen ‘n trok gebots.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Moeti Mmusi, word daar beweer dat die bestuurder van die sedan besig was om ‘n u-draai te maak ten tyde van die ongeluk.
Dié bewering word ondersoek saam met die oorsaak van die noodlottige ongeluk.
Die trok was onderweg in die rigting van Ngodwana en die sedan in die rigting van Mbombela op pad.
Al vier vroue is op die toneel dood verklaar. Die trokbestuurder is ongedeerd.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen en by die padreëls te hou.

Die nasionale departement van vervoer poog om tydens vanjaar se feesseisoen, ongelukke op die land se paaie met 20% te verminder teenoor verlede jaar.
Mmusi sê as bestuurders by die spoedbeperking hou, net padwaardige karre op die pad is, en mense die bestuur wanneer hulle moeg is nie, hulle glo dat die aantal ongelukke sal verminder.
“Wetstoepassers moet ook nie ‘n blinde oog gooi nie, en oortreders aan die pen laat ry, selfs buite die feesseisoen.
“Hopelik stuur dit dan ook ‘n boodskap aan ander padgebruikers,” voeg hy by.


×