100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA vra beter instandhouding van ontspanningsareas vir inwoners van Nkomazi

Written by on March 29, 2023

# Die DA in Nkomazi is bekommerd oor die agteruitgang van die ontspanningspark in Masibekela. Raadslid, Nhlonipho Dlamini, sê hulle het tydens ‘n oorsigbesoek gevind die swembaddens en storte word nie in stand gehou nie, met deure en pype wat verniel word. Die munisipaliteit het die fasiliteit in 2017 in ontvangs geneem. Hy blameer wanbestuur deur die munisipaliteit vir die verval, en sê dit is belangrik vir mense om in ‘n veilige omgewing te kan ontspan.

“Ons het al soveel kinders verloor wanneer hulle in riviere en damme swem,” sê hy en voeg by dat ontspanningsareas kinders uit die strate hou.
“Die R30 toegangfooi kan nie geregverdig word nie.
“Inwoners verdien beter. Dit is tyd dat die munisipaliteit begin om dienslewering te prioritiseer.”
Die DA het aan die burgemeesterskomiteelid vir parke en begraafplase geskryf om in te gryp.


×