100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie vra kalmte ná dodelike taxigeweld in Oakley

Written by on March 30, 2023

‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxigeweld in Oakley naby Bosbokrand Dinsdag.
Volgens die polisie het ‘n geskil tussen lede van taxiverenigings tot die beweerde kruisvuur gelei.
Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk.
Twee ander taxibestuurders en ‘n burgerlike is gewond.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, sê sowat 15 minibusse is beskadig en een is aan die brand gesteek.
Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas.


×